Griekwastad verkragter kry 100 jaar tronkstraf

Hulle het haar na die slaapkamer gesleep waar albei die beskuldigdes haar om die beurt verkrag het.

Griekwastad verkragter kry 100 jaar tronkstraf

Griekwastad verkragter kry 100 jaar tronkstraf

GRIEKWASTAD. –  Ronald Hartbees is op 10 Februarie vanjaar 100 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n bejaarde, ontvoering en diefstal opgelê.

Twee maal ingebreek en verkrag

Hierdie vonnis volg nadat die beskuldigde en sy medepligtige op 17 Maart 2017 om 15:00 by die huis van ’n 72-jarige vrou in Griekwastad en weer op 19 Maart 2017 om 18:00 ingebreek het.

Die slagoffer was ten tyde van die voorval alleen tuis. Die twee het die deur afgebreek om toegang tot die huis te kry en die slagoffer met ’n bottel en mes aangerand terwyl hulle geld van haar geëis het.

LEES OOK: Suid-Afrika se nasionale ramptoestand met nog ’n maand verleng

Hulle het haar na die slaapkamer gesleep waar albei die beskuldigdes haar om die beurt verkrag het. Nadat hulle haar verkrag het, het hulle haar hande vasgebind en haar mond met band toegemaak en die toneel verlaat.

Die twee het op 19 Maart 2017 na die misdaadtoneel teruggekeer en die slagoffer in die stort aangetref, haar in die slaapkamer ingesleep en weer verkrag. Nadat hulle haar verkrag het, het hulle die huis geplunder en gevlug, maar is kort daarna deur die polisie aangekeer en in hegtenis geneem.

Lees meer artikel hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: