Hoe liggaamstaal jou verkope kan help

Deur hierdie wenke vir lyftaal in gedagte te hou, is jy goed op pad om ‘n suksesvolle transaksie te beklink.

Hoe liggaamstaal jou verkope kan help. Foto: Austin Distel

Hoe liggaamstaal jou verkope kan help. Foto: Austin Distel

55% van jou verkoopsboodskap word deur lyftaal oorgedra, 38% deur die stemtoon en slegs 7% van jou boodskap is die woorde wat jy sê.

Met hierdie statistieke in gedagte, is dit van kardinale belang dat jou liggaam nie jou verkoopsboodskap saboteer nie, maar hoe kan jy jou liggaam gebruik om jou verkoopsboodskap te versterk?

Hier is ses riglyne vir die gebruik van lyftaal om jou verkope te help.

1. Jou kleredrag

Jy moet seker maak dat jy goed versorg is en toepaslik geklee is vir die produk wat jy verkoop.

2. Jou oë

Jy moet oogkontak hou, maar nie staar nie. Deur gereeld na jou kliënte te kyk, hou jy hulle aandag. As jou kliënt 60 tot 70% van die tyd met jou oogkontak hou, beteken dit gewoonlik dat hy met jou saamstem.

3. Jou gesig

Dit is belangrik om vir jou kliënt te glimlag en terwyl jy na hulle luister, kan jy elke nou en dan jou kop knik.

4. Jou bolyf en arms

Om selfvertroue te wys en aantrekliker te lyk, moet jy regop staan of sit en ‘n bietjie vorentoe leun. Jou skouers moet in ‘n ontspanne posisie wees. Jy moet ook seker maak dat jou arms oop is. Dit wys dat jy eerlik en openlik is.

5. Jou hande

As jy openlik en eerlik wil wees, moet jou handpalms oop wees na die persoon met wie jy praat. Jy moet ook klein beheerde gebare maak, want dit sal jou help om te wys dat jy kalm en selfversekerd is.

6. Jou voete

Wanneer jy ‘n aanbieding doen, kan jy van die een kant van die area na die ander beweeg om die punte wat jy probeer maak, te beklemtoon. Jy kan een punt maak, dan ‘n paar treë beweeg en dan die volgende punt maak.

Deur hierdie wenke vir lyftaal in gedagte te hou, is jy goed op pad om ‘n suksesvolle transaksie te beklink.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: