Penis en testikels afgesny, verbrand en weggespoel
Nadat sy van sy ontrouheid uitgevind het, het sy hom verlei en ’n skerp skêr gevat en sy penis en testikels afgesny.

Penis en testikels afgesny, verbrand en weggespoel
TAIWAN. – ’n Vrou was so kwaad omdat haar eks-man haar verneuk het dat sy sy penis en testikels afgesny, met suur verbrand en in die toilet afgespoel het.
Die man was glo werkloos toe die insident plaasgevind het. Die paartjie was reeds twee jaar geskei, maar hy het aangehou om by haar te bly.
Sny dit af
Nadat sy van sy ontrouheid uitgevind het, het sy hom verlei en ’n skerp skêr gevat en sy penis en testikels afgesny. Die man het glo nooddienste ontbied.
LEES OOK: FiND iT is regstreeks op die Kaapstad-pad waar ‘n blommelegging vir Zan-Marie Olivier plaasvind
Met die owerhede en nooddienste se aankoms,het hulle die vrou bewusteloos op die vloer en die man in die badkamer gevind. Sy het glo 40 pynpille gedrink in ’n poging om selfdood te pleeg.
Hospitaal toe
Albei is in die hospitaal opgeneem en is stabiel. Dokters kon nie die man se geslagsdele herstel nie.
Lees meer atikels hier.