Kennedy deur Instagram verban vir “vals” plasings oor Covid-19

Robert F Kennedy Jr. se Instagram-profiel is verwyder nadat hy volgens Facebook, wat Instagram besit, “valse plasing oor Covid-19 en die entstof gemaak het.”

Robert F Kennedy Jr. se Instagram-profiel is verwyder nadat hy volgens Facebook, wat Instagram besit, “valse plasing oor Covid-19 en die entstof gemaak het.”

Foto: BBC

Robert F Kennedy Jr. se Instagram-profiel is verwyder nadat hy volgens Facebook, wat Instagram besit, “vals plasings oor Covid-19 en die entstof gemaak het.”

Volgens BBC sê Facebook dat die neef van wyle president John F Kennedy en seun van die voormalige Amerikaanse prokureur-generaal, senator en presidentskandidaat, wyle Robert F Kennedy, herhaaldelik vals plasings oor Covid-19 en die entstof gemaak het. Dit sluit die koppeling van die dood van die legendariese bofbalspeler, Hank Aaron, met die Covid-19-entstof in.

Facebook het belowe om vals bewerings oor Covid-19-entstowwe te verwyder om “dreigende liggaamlike skade” te voorkom.

Ten spyte van die feit dat hy soortgelyke plasings op Facebook ook gedeel het, is net sy Instagram-profiel verwyder.

Mnr. Kennedy, ‘n prokureur en omgewingsbewaarder is ook die voorsitter van Children’s Health Defense, ‘n groep wat skeptisisme uitspreek oor die voordele van entstowwe.

Hy het laas jaar by ’n Nasionale Inentinginligtingsentrum gesê daar is mense wat sy boodskap hoor en “daardie sade beland op baie vrugbare grond”. Die Nasionale Inentinginligtingsentrum is ’n groep wat daarvan beskuldig word dat hulle vals inligting van die entstof versprei.

Eise wat Kennedy en ander se anti-entstofteorieë weerspieël, verskyn gereeld in Facebook se private groepe wat Covid-19-entstowwe bespreek. Dit versprei na ander forums soos Twitter en gesinsgeselsgroepe op Whatsapp.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: