Polisie soek hulp om vermeende dwelmhandelaar op te spoor

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en menige pogings is deur die polisie aangewend op hom op te spoor.

Polisie soek hulp om vermeende dwelmhandelaar op te spoor

Polisie soek hulp om vermeende dwelmhandelaar op te spoor

KIMBERLEY. – Polisie benodig hulp om Thamsanqa Ndamase, ’n vermeende dwelmhandelaar, op te spoor. Ndamase is op 15 Januarie 2019 in hegtenis geneem en 30 Mandrax-tablette is in sy besit gevind.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê hy het in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat, maar het nie vir sy opvolgende hofdatum opgedaag nie.

LEES OOK: FiND iT is regstreeks op die Kaapstad-pad waar ‘n blommelegging vir Zan-Marie Olivier plaasvind

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en menige pogings is deur die polisie aangewend op hom op te spoor.

Dit word beweer hy het glo die Noord-Kaap verlaat.

Enigiemand met inligting word versoek op vir a.o Booysen by 053 838 4500 te skakel.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *