Vetsug? Dié diabetesmiddel kan help

Semaglutide word gewoonlik gebruik om diabetes te behandel, maar word nou deur dokters en dieetkundiges beskryf as ’n spelwisselaar en ’n silver koeël in die stryd teen vetsug.

Semaglutide word gewoonlik gebruik om diabetes te behandel, maar word nou deur dokters en dieetkundiges beskryf as ’n spelwisselaar en ’n silver koeël in die stryd teen vetsug.

Semaglutide word gewoonlik gebruik om diabetes te behandel, maar word nou deur dokters en dieetkundiges beskryf as ’n spelwisselaar en ’n silver koeël in die stryd teen vetsug. Foto: All4Women

Semaglutide word gewoonlik gebruik om diabetes te behandel, maar word nou deur dokters en dieetkundiges beskryf as ‘n middel wat die geveg teen vetsug kan vergemaklik.

Volgens All4Women word semaglutide onder die handelsname Ozempic en Rybelsus in die Verenigde Koninkryk verkoop en verbeter die gesondheid van mense met vetsug.

’n Studie genaamd Stap Een het bevind uit 2000 oorgewig mense wat die middel weekliks ontvang het, het 35% van hulle een-vyfde van hul gewig verloor. Die gemiddelde gewig wat oor ’n tydperk van 12 maande verloor is, is 15.3 kg.

Rachel Batterham, professor in vetsug, diabetes en endokrinologie, wat aan die hoof van die sentrum vir vetsugnavorsing aan die UCL en die UCLH Centre for Weight Management staan, is een van die hoofskrywers van die navorsingsartikel.

“Driekwart (75%) van die mense wat 2,4 mg semaglutide ontvang het, het meer as 10% van hul liggaamsgewig verloor en meer as een derde het meer as 20% verloor. Geen ander middel het naastenby hierdie gewigsverlies tot gevolg gehad nie – dit is regtig ‘n spelwisselaar. Vir die eerste keer kan mense deur middel van ‘n middel bereik wat net moontlik was deur gewigsverliesoperasies.”

Die studie is nou voorgelê vir goedkeuring deur die regulator as ‘n behandeling vir vetsug aan die National Institute of Clinical Excellence (NICE), die Europese Medisyne-agentskap (EMA) en die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie (FDA).

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: