15 in hof oor bedrog met president Nelson Mandela se begrafnisvoorbereidings
Die beweerde bedrog-eise beloop altesaam R10 miljoen.

15 In hof oor bedrog in President Nelson Mandela se begrafnisvoorbereidings
OOS-KAAP. – 15 Verdagtes, waaronder hoëprofiel-werknemers van Buffalo City, prominente politieke partylede en sakemanne, sowel as sake-entiteite, verskyn vandag 12 Februarie 2021 in die landdroshof in Oos-Londen op aanklagte van bedrog, geldwassery, oortreding van die munisipale wet op die bestuur van finansies en korrupsie.
Die beweerde bedrog-eise beloop altesaam R10 miljoen.
Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes sal antwoord op bewerings rakende die verkryging van diensverskaffers vir die vervoer en bespreking van plekke tydens die gedenkdiens en begrafnisvoorbereiding van wyle president Nelson Mandela deur die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit. Dit het tussen die tydperk 2013 en 2014 gebeur.
LEES OOK: Penis en testikels afgesny, verbrand en weggespoel