February 28, 2021

Honde en die vyf liefdestale

Aangesien jou hond nie vir jou kan sê wat hy die meeste waardeer nie, kyk ons na elke liefdestaal sodat ons dit almal kan dek.

Honde en die vyf liefdestale. Foto: Unsplash

Honde en die vyf liefdestale. Foto: Unsplash

Honde dra hulle liefde op hulle mou, of, poot, so te sê. Dit is redelik duidelik om te sien wanneer ‘n hond gelukkig is – die stert swaai en die tong hang tevrede aan die een kant van sy mond.

Lees hier oor katte en die vyf liefdestale.

Dit is so belangrik om tyd vir jou hond te maak. Anders loop jy die risiko dat jou hond afgeskeep voel. En hierdie gevoelens kan daartoe lei dat jou hond op die verkeerde manier optree om jou aandag te trek, want vir jou viervoetige vriend is negatiewe aandag beter as geen aandag nie.

Aangesien jou hond nie vir jou kan sê wat hy die meeste waardeer nie, kyk ons na elke liefdestaal sodat ons dit almal kan dek.

Beloon gedrag

‘n Goeie manier om met jou hond ‘n verbintenis te hê, is deur opleiding. Jou hond is lief vir niks anders as om jou gelukkig te maak en te hoor hoe jy goeie dinge oor hom sê nie. Waarom dan nie aan ‘n paar opdragte en oefeninge werk nie, sodat jy genoeg geleenthede het om hom te prys en te laat weet dat hy ‘n goeie hondjie is.

Betoon gunsies

Maak vir hom ‘n paar tuisgemaakte lekkernye, kom vroeg van die werk af, of neem hom vir ‘n ekstra lang stappie. Jou hond bedien jou elke dag deur jou konstante metgesel te wees, dus as jy ‘n paar maniere vind om hom te dien, sal hy ekstra waarderend wees.

Gee geskenke

Speelgoed is natuurlik ‘n baie goeie manier om ‘n hond gelukkig te maak, maar wat van troeteldiervesekering? Om veeartssorg van hoë gehalte te kan bekostig, beteken dat jou hond gouer beter voel en dat jy op jou troeteldier kan konsentreer eerder as om jou oor veeartsrekeninge te bekommer.

Bestee kwaliteittyd

Hierdie vereis nie eers dat jy geld moet spandeer nie – wees net saam met jou hond. Krap agter sy ore (en oral waar hy nie self kan bykom nie), neem hom na ‘n hondepark, neem hom saam as jy gaan uiteet (daar is deesdae ‘n ton hondvriendelike restaurante), of gooi vir hom ‘n bal.

Raak fisiek aan jou dier

Honde moet net so gereeld soos ons vasgehou word, en die liefdestaal van fisieke aanraking is van kardinale belang. Gaan voort, omhels jou hondjie.

Het jy dus agtergekom wat jou hond se liefdestaal is?

Bron: www.petpartners.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: