Katte en die vyf liefdestale

Dit is belangrik om uit te vind wat jou kat gelukkig maak, sodat jy kan seker wees hy verstaan jou liefde vir hom.

Katte en die vyf liefdestale. Foto: Yerlin Matu

Katte en die vyf liefdestale. Foto: Yerlin Matu

Honde dra hulle liefde op hulle mou, of, poot, so te sê. Dit is redelik duidelik om te sien wanneer ‘n hond gelukkig is – die stert swaai en die tong hang tevrede aan die een kant van sy mond.

Maar as dit by katte kom, is dit moeiliker om te sê presies wat hulle dink of wat hulle gelukkig maak.

Pam Johnson-Bennett sê dis nie moeiliker nie, net anders.

Johnson-Bennett, kattekenner en skrywer van CatWise, sê: “Selfs binne die spesie kan katte spesifieke voorkeure hê as dit kom by die maniere waarop ons waardering toon.”

Dit is belangrik om uit te vind wat jou kat gelukkig maak, sodat jy kan seker wees hy verstaan jou liefde vir hom.

  1. Beloon gedrag

Lekkernye kan werk, maar dit is ook belangrik om jou kat te prys vir goeie gedrag, en om hom met ekstra speeltyd te beloon. Gedrag wat beloon word, sal herhaal word. As jy goeie gedrag met lof beloon, kan dit die band tussen jou en jou kat versterk.

2. Betoon gunsies

Dit is belangrik om na jou kat te kyk om sy liggaamstaal te leer en waarvan hy hou en nie hou nie. Katte is geheimsinnige wesens wat hulleself ‘n bietjie op ‘n slag openbaar. Neem ‘n oomblik om net waar te neem hoe jou kat speel. Jy kan dalk net die begeertes van sy hart leer. ‘n Diens aan ‘n kat kan wees om te erken waar hy graag gekrap wil word, of respekteer daardie sekere tyd van die dag wanneer hy alleen wil wees.

3. Gee geskenke

Het jou kat miskien nuwe speelgoed nodig om mee te speel? Daar is wonderlike speelgoed wat kan help met die jaginstink van jou kat. ‘n Speelgoedmuis met kattekruid binne-in en ‘n klokkie, kan ook goed werk.

4. Bestee kwaliteittyd

Hê interaksie met jou kat. Dit kan wees deur om te troetel of te krap agter sy ore, of om aan ‘n interaktiewe speelsessie deel te neem.

5. Raak fisiek aan jou dier

Katte is kundiges as dit kom by hulle eienaars met hulle reuk te vryf en “te merk”, maar moenie dit beskou as ‘n belediging nie. Trouens, Johnson-Bennett beveel aan dat katteienaars hierdie gedrag vergelyk met ‘n soen of ‘n drukkie. Versorging kan ook ‘n kragtige vorm van fisieke aanraking wees. Om jou kat se jas, naels, tande en ore in ‘n goeie toestand te hou, is ‘n uitdrukking van liefde.

Stel jou kat eerste

Oor die algemeen kan jy jou katliefde toon deur ‘n katvriendelike, stresvrye omgewing in jou huis te skep. Wys jou liefde vir jou kat, en respekteer die persoonlike ruimte van jou kat. Oorweeg dit ook om troeteldierversekering te kry, sodat jy die gesondheidsbehoeftes van jou kat kan prioritiseer sonder om jou te bekommer oor die koste van veeartse.

Bron: www.petpartners.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: