Kat in Hillcrest vir tweede keer met windbuks geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Christo Muller, ‘n inwoner van Kimberley in die ou Hillcrest-omgewing, is woedend na sy kat vir die tweede keer met ‘n windbuksskietwond by die huis aangekom het.

“Die kat het velede jaar by ons huis aangekom. Ons het hom as ons eie aangeneem en vermoed iemand het moontlik verhuis en hy het agtergebly,” vertel Muller.

Hy sê tydens die inperking is die kat vir die eerste keer in die gesig geskiet. “Ons het hom na die veearts geneem waar hulle hom gehelp het.” Die windbukskoeël het hom op die neus getref.

Kat in Hillcrest vir tweede keer geskiet

Vanoggend het dit vir die tweede keer gebeur.

“Ek was so 08:00 se kant werk toe en om 11:00 het my vrou my gebel om te sê die kat is weer geskiet.”

Muller sê laaskeer wat die kat geskiet was, het die veearts lood uit die wond verwyder. Dié keer het daar darem niks vasgesit nie en die wond is skoongemaak. Muller is woedend en probeer uitvind wie moontlik so iets sal doen. “Iemand moes tog iets gehoor of gesien het.”

LEES OOK: Baba in hospitaal na hy aan tandesny-biltong verstik

LEES OOK: Seun spring by skoolbusvenster uit toe boelies hom na bewering teiken

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.