Verpleegster lewenslank agter tralies na sy sewe vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – ‘n Verpleegster (46) sal nou lewenslank agter tralies sit ná dit aan die lig gekom het dat sy sewe mans onder haar sorg in die hospitaal met dodelike dosisse insulien ingespuit het.

Reta Mays is skuldig bevind aan die moord op sewe militêre veterane en ook poging tot moord op ‘n agtste.

Mays het die moorde tussen Julie 2017 en Junie 2018 gepleeg.

Regter Thomas Kleeh het tydens Mays se vonnisoplegging aan haar gesê: “Daar is geen verduideliking en absoluut geen regverdiging nie.”

Die mans, wat almal tussen die ouderdomme van 81 en 96 was, het glad nie insulien nodig gehad nie. Dit het aanvanklik voorgekom asof hulle aan natuurlike oorsake dood is, tot ‘n dokter agterdogtig geraak het en begin ondersoek instel het.

AFP berig Mays was tydens haar vonnisoplegging baie emosioneel, maar dat sy nie redes of verduidelikings vir die moorde gegee het nie.