Ontbytkasserol-resep

Deel hierdie storie / Share this story

’n Lekker ontbytkasserol-resep vir die hele gesin. Probeer dit gerus.

LEES OOK: Liggame van vermiste paar langs pad gevind

Bestanddele:

  • 8 eetlepels botter
  • 8 uie- of kaasrolletjies (buns)
  • ¼ koppie gesnyde geroosterde soetrissies
  • 230 g roomkaas
  • 1 koppie gerasperde mozzarella
  • 2 koppies melk
  • 3 opgehoopte eetlepels basiliekruidpesto
  • 1 eetlepel gekapte vars pietersielie
  • 1 teelepel gekapte vars oreganum
  • ½  teelepel sout
  • ¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
  • 10 groot eiers

Metode:

  • Smeer ’n oondskottel met botter.
  • Skeur die uierolle in stukke en plaas dit onder in die bakplaat. Strooi die geroosterde soetrissies bo-oor en skep dan die roomkaas oor die soetrissies.
  • Strooi die mozzarella oor, sny die botter in stukkies en strooi dit bo-oor.
  • Meng die melk, pesto, pietersielie, oreganum, sout, peper en geklitste eiers in ’n groot bak en giet dit stadig bo-oor die mengsel.
  • Bedek met foelie.
  • Bak vir 45 minute by 170°c, verwyder dan die foelie en bak verder tot dit ferm en gestol is, nog ongeveer 10 minute.

LEES OOK: Vermiste man se liggaam gevind