Vrou dood toe motor in dam beland

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – ‘n Vrou (39) is Saterdag dood toe haar motor in die Hartebeespoortdam in Noordwes beland het.

Arthur Crewe, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê van die NSRI-lede is Saterdagmiddag om ongeveer 15:20 ingelig van ‘n motor wat gedeeltelik onder die water was.

Reddings- en polisieduikers moes die vrou se liggaam uit die wrak onder die water haal.

Lees ook: Vrou vertel hoe sy Addie-leerling voor haar sien sterf

Omdat daar kinderspeelgoed in die motor gevind is, het reddingswerkers aanvanklik gedink daar was kinders ook in die voertuig. ‘n Soektog is aan die gang gesit om na die kinders te soek, maar daar is later vasgestel die oorledene was alleen in die motor.

Die polisie ondersoek die saak.

Lees ook: Tik, pille dalk oorsaak van baas en werknemers se dood