Vrou vandag in hof wat glo kêrel doodsteek

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM. – ’n Vrou (49) sal vandag in die landdroshof op Schweizer-Reneke verskyn nadat sy glo haar kêrel Vrydag met ’n mes doodgesteek het.

LEES OOK: Liggaam opgehang in Transvaalweg gevind

Steekwond aan nek

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê  die vrou is Vrydag 7 Mei 2021 in hegtenis geneem nadat polisie na die paar se huis ontbied is. “Die polisie het die slagoffer (37) in die huis aangetref. Hy het ’n steekwond aan sy nek gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Rusie tussen die paar

Na bewering het daar ’n rusie tussen die slagoffer en sy vriendin plaasgevind, wat tot die noodlottige messteek gelei het.

Die verdagte verskyn vandag op ’n aanklag van moord.

LEES OOK: Mike Bolhuis sal Yolandi Botes-moord ondersoek

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.