OOS-LONDEN. – Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NSPCA) lê ‘n klag teen die personeellede na ‘n video verskyn het waarin gesien word hoe hulle ‘n gans se nek met ‘n voorwerp afsny.
“Dit is hartseer in die wêreld van dierewelsyn wanneer die lyding van ‘n dier toegedien word deur mense aan wie hulle beskerming toevertrou is,” sê die NSPCA in ‘n verklaring.
Dissiplinêre ondersoek volg
FiNDiT het vroeër berig oor ‘n video van mense wat die Oos-Londense DBV uniforms aan het. In die video wat oral op sosiale media geplaas is, sny hulle ‘n gans se nek met ‘n voorwerp af terwyl die gans vasgedruk word.
“Die NSPCA bevestig vandag dat die drie werknemers in die video deur die Oos-Londen-bestuurskomitee geskors is, hangende ‘n dissiplinêre ondersoek na die onmenslike slagting en hantering van die gans wat op ‘n eiendom in Oos-Londen gekonfiskeer is.”
NSPCA bevestig werkers is geïdentifiseer
Verder lé die NDBV klagtes van dieremishandeling teen die drie personeellede wat geïdentifiseer is.
“Afgesien van die wreedheid wat in die video gesien is, het die NSPCA nie die fokus verloor dat die beseerde gans om ‘n rede deur die DBV weggevat word nie. Die NDBV sal dus ‘n onafhanklike ondersoek doen na die beweerde wreedheid wat plaasvind op die eiendom waarvandaan die gans verwyder is.”
LEES OOK: Video waarin ‘SPCA’ gans met voorwerp doodmaak, het mense woedend
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



