FOTO’S: Struisbaai het al 120 mm reën ontvang

Deel hierdie storie / Share this story

STRUISBAAI. – Foto’s en video’s van dele in Struisbaai wat onder water bedek is, nadat groot dele in die Wes-Kaap erge stormweer gehad het, word oral gedeel.

Die kusdorp het al 120 mm reën ontvang. Mense word aangeraai om die Hoofweg van Malvin tot Caltex te vermy omdat dit onder water is. Huise wat naby aan die see is, is deur golwe oorspoel.

LEES OOK: Ma en seun se nagmerrie na blou ligte met sirenes hulle aftrek

LEES OOK: NSPCA lê klag teen personeel van Oos-Londense DBV oor ‘dieremishandeling’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.