Vegan piesangbrood – resep

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan.

Hier is n heerlike resep vir vegan piesangbrood.

LEES OOK: Spanwerk vir veiligheid

Bestanddele:

  • 1 koppie fyngemaakte piesang (van ongeveer 3 medium of 2 groot ryp piesangs)
  • ¾ koppie bruinsuiker
  • ¼ koppie nie-suiwel melk, by kamertemperatuur (soos byvoorbeel amandel-melk)
  • 3 eetlepels klapperolie
  • 2 teelepel vanieljegeursel
  • 1 ½ koppie meel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel fyngemaalde kaneel
  • ½ teelepel sout

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan.
  • Meng piesang, suiker, melk, olie en vanielje goed in ’n groot bak.
  • Sof meel, koeksoda, kaneel en sout saam. Vou droë bestanddele in nat bestanddele in tot gemeng.
  • Plaas die beslag in die voorbereide broodpan en bak 40 tot 42 minute tot die bokant goudkleurig is en ‘n toetspen in die middel van die piesangbrood skoon uitkom. Laat 10 minute afkoel, keer dit dan uit die pan en laat heeltemal afkoel.

LEES OOK: Wenke om die gifpyltjies te los

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: