Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die nuutste Covid-19-syfers in SA bekendgemaak.

Altesaam 1 584 961 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 897 persone positief getoets.

Lees ook: Iemand in jou gesin toets positief, hoe nou gemaak?

Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 35 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 54 452.

Daar is ook 1 508 558 persone wat van die virus genees is.