MOSKOU. – ‘n Seun (12) het 12 meter, vanaf die derde verdieping, geval nadat hy op die reling van ‘n roltrap in ‘n inkopiesentrum wou “ry”.
Ons almal het al self, of iemand gesien, by die reling van ‘n trap afgly, maar ons vergeet soms hoe vinnig ‘n fratsongeluk kan gebeur.
Die seun se jas was glo in die meganisme van die roltrap vasgevang toe hy oor die reling val. Ander beweer weer die seun het toertjies op die reling probeer doen voor hy geval het.
Seun breek been na hy val
Ooggetuies het aan plaaslike media gesê die seun het “geskree van pyn” nadat hy sy been gebreek het. Hy het geen ander ernstige beserings opgedoen nie.
Die seun het op die dak van ‘n vrugte- en groentestalletjie beland wat hom moontlik van erger beserings gered het.
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.






