Minibustaxi bots teen boom en rol, sewe beseer

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Sewe mense het ernstige tot matige beserings opgedoen toe ‘n minibustaxi laat Maandagmiddag teen ‘n boom in Houghton gebots en gerol het.

ER24-paramedici en ander nooddienste het op die toneel aangekom en die minibustaxi regop in die middel van die kruising gevind. Die passasiers het reeds uit die voertuig geklim en op die toneel rondgeloop.

Geen sterftes na minibustaxi teen boom bots

Medici het die pasiënte ondersoek en bevind dat sewe volwassenes matige tot ernstige beserings opgedoen het. Geen sterftes is aangemeld nie.

Die pasiënte is behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is. Polisie was op die toneel vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.