Silwer Corsa-bakkie op Delportshoop gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

DELPORTSHOOP. – Twee pensioenarisse se silwer Corsa-bakkie is moontlik in die vroeë oggendure van Maandagoggend op Delportshoop gesteel.

Die registrasienommer van die voertuig is BSZ898NC. In hierdie stadium is daar nog nie ‘n foto van die bakkie nie. Daar word vemoed die bakkie is vanoggend rondom 03:30 gesteel omdat alles die aand nog reg was. Die buurtwag het gesê die linkeragterwiel is heeltemal swart omdat daar ‘n spaarwiel op is. Die ander drie wiele is nog die standaard wiele wat gewoonlik op die Corsa-bakkies is.

Indien enigiemand die bakkie sien of inligting oor die voorval het, kan julle die Delportshoop Buurtwag, Els by 062 806 0884 of Marius 061 100 7645, kontak.

LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.