Meisie (12) dagvaar skool oor sy masker moet dra

Die skool het gesê hulle volg net die regering se gesondheidsmaatreëls.

Meisie (12) dagvaar skool oor sy masker moet dra (Foto: Unsplash)

Meisie (12) dagvaar skool oor sy masker moet dra (Foto: Unsplash)

Leerling dagvaar skool oor maskers

BRITTANJE. – ‘n Leerling (12) het besluit om regstappe teen haar skool te neem omdat hulle die dra van maskers aanmoedig of van leerlinge verwag om maskers by die skool te dra.

Sy dagvaar die Tapton Academy School Trust omdat die dra van maskers, volgens haar, “gesondheidsprobleme by kinders veroorsaak”. Sy sê leerlinge se fisiese en geestesgesondheid ly daaronder.

Volgens BBC het die skool gesê hulle volg net die regering se gesondheidsmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te probeer voorkom.

Lees ook: Zweleni Mkhize: 1 222 nuwe Covid-19-gevalle

Die meisie se prokureurs het die hof Vrydag gevra vir ‘n interim opdrag om te voorkom dat die skool van leerlinge verwag om maskers te dra.

Die regter het gesê hy sal in ‘n later stadium uitspraak lewer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *