WES-KAAP. – Vinnige reaksie deur die polisie en plaaswaglede het daartoe gelei dat ses verdagtes tussen die ouderdomme van 28 en 37 in hegtenis geneem is.
LEES OOK: Ma hang glo baba oor stoel om drankie te geniet
Inligting ontvang
Die polisie het op Woensdag 28 April 2021 inligting ontvang van ’n alarm wat afgegaan het en verdagtes wat op CCTV-beeldmateriaal rondbeweeg het.
Die verdagtes het met die N7-roete beweeg, waarna ’n voertuig stilgehou het en die verdagtes opgelaai het. Daarna het die voertuig in die rigting van die R311-pad in die rigting van Riebeeck-Wes beweeg.
Hulle voertuig is deur die polisie gestop en deursoek en lede het vyf rooi Vodacom-toringbatterye ter waarde van ongeveer R125 000 elk gevind. Die polisie het by verdere ondersoeke in die omgewing ‘n hamer, boutsnyer en ‘n koevoet by die toring gevind.
LEES OOK: Vrou vermoor glo haar man



