Twee in hegtenis na boer se vee gesteel word

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN. – Twee mans, onderskeidelik 40 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat vee ter waarde van R32 400, 00 glo in hulle besit gevind is.

Die polisie het na ‘n huis in Seoding gegaan na hulle leidrade van die gemeenskap ontvang het dat daar vermoedelik gesteelde vee in die dorp Seoding, buite Kuruman, is.

Twee in hegtenis verskyn binnekort

“Met die polisie se aankoms is ses skape en 12 bokke gevind,” sê Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder.

Daar is ook na bewering beslag gelê op die twee voertuie wat glo vir die pleeg van hierdie misdaad gebruik is. Op dieselfde dag het ‘n 49-jarige man by die polisie aangemeld dat sy vee vermis word. Hy het die geskutte vee as syne geïdentifiseer.

Die twee verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Mothibistad op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde vee verskyn.

LEES OOK: Nege in hegtenis na protesaksie in Kimberley

LEES OOK: Tiener (19) probeer glo ouers vergiftig met gif aanlyn gekoop

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.