JOHANNESBURG. – Vier mense is dood toe twee ligte vliegtuie in die lugruim buite Johannesburg gebots het.
Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid, het in ‘n verklaring gesê die voorval word tans ondersoek.
Twee vliegtuie wat bots, word ondersoek
“Deur bewysstukke van die ongelukstoneel bymekaar te maak, sal help met die ondersoek. Ondersoeke kan wissel in kompleksiteit en dit kan tyd neem om te voltooi.”
Indien ‘n veiligheidskwessie tydens die ondersoek geïdentifiseer word, sal die ondersoekspan alle relevante partye in kennis stel sodat gepaste stappe geneem kan word.
LEES OOK: KYK: Man wil glo in restaurant injaag na hy toegang geweier is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



