Minibusbestuurder en sy assistent verkrag matriekmeisie (17)

Daar is na ‘n afgeleë plek gery.

Minibusbestuurder en sy assistent verkrag matriekmeisie (17)

Minibusbestuurder en sy assistent verkrag matriekmeisie (17) Foto: mg.co.za

KAAPSTAD. – ‘n Minibusbestuurder en sy assistent het lewenslange tronkstraf ontvang nadat hulle ‘n matriekmeisie verkrag het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die 17-jarige leerling het op 8 Maart 2018 ‘n ekstra klas by haar skool in die Kraaifontein-omgewing bygewoon.

Minibusbestuurder en assistent verkrag albei meisie

Die leerling was veronderstel om saam met die onderwysers te ry, maar die motor het probleme gegee. Daar word toe reëlings getref dat die leerling van ‘n minibustaxi gebruik maak.

Giovanni Florence (27) was die minibusbestuurder en Jerome van Wyk (27) sy assistent. “In die hof is daar gesê in plaas daarvan dat Florence gestop het waar die leerling afgelaai moes word, het hy na ‘n afgeleë plek gery.” Die leerling is toe deur albei die mans verkrag.

Florence en Van Wyk is kort na die voorval in hegtenis geneem en aangekla.

LEES OOK: Ma vermoor glo haar drie kinders om hulle ‘te beskerm’

EES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: