Die resep is so maklik en lekker, jy sal dit sommer nou wil maak. Almal sal mal wees daaroor.
LEES OOK: Ongeveer 20 gevangenes op vrye voet na tronkwa onderskep is
Bestanddele:
- 12 Oreos
- 1½ koppies sjokoladeskyfies, gesmelt
- 2 teelepels klapperolie
- ¼ koppie wit sjokoladeskyfies, gesmelt
Metode:
- Voer ’n klein bakplaat met bakpapier uit.
- Smelt sjokolade en klapperolie oor medium hitte.
- Doop elke Oreo in die sjokolade tot bedek en plaas dit op die bakplaat.
- Plaas in die yskas vir 10 minute om te stol.
- Smelt ook die wit sjokolade oor medium hitte en gebruik ’n lepel om daarvan oor die Oreos te drup.
- Plaas weer vir 10 minute in die yskas.
- Geniet.
LEES OOK: Medaljewenners van die Zanshin Karate-Do



