Ongeveer 20 gevangenes op vrye voet na tronkwa onderskep is

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. –  ’n Soektog is tans in Pietermaritzburg aan die gang nadat 31 gevangenes Woensdagoggend op pad hof toe ontsnap het.

LEES OOK: Mense moet 65 meter ver afklim na pretrit tot stilstand kom

Gewapende mans

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê vyf gewapende mans het die tronkwa onderskep, wapens op polisie gerig en die tronkwa se agterdeur oopgebreek.

“Altesaam 33 van 45 gevangenes wat is die vragmotor was, het ontsnap. Teen 10:20 was 23 gevangenes nog op voet.”

Volgens Sowetan Live het minstens ses verdagtes hulself oorhandig.

LEES OOK: Warreton-pad toe weens stakings