Zimbabwiese lugmaghelikopter stort neer, vier dood

Deel hierdie storie / Share this story

ZIMBABWE. – ‘n Zimbabwiese lugmaghelikopter het Vrydag in ‘n woongebied in Arcturus neergestort, wat die lewe van sy drie bemanningslede en ‘n kind, wat ten tye van die voorval in die gebied was, geeis het.

‘n Ma en haar dogter is met ernstige brandwonde na ‘n hospitaal geneem nadat die helikopter ook hulle huis getref het.

Zimbabwiese lugmaghelikopter wat val, word ondersoek

”Die helikopter het van die Manyame-lugmagbasis opgestyg met twee vlieëniers en een vliegtuigtegnikus aan boord,” lui ‘n verklaring van die lugmag van Zimbabwe (AFZ)/.

Die verklaring meld verder toe kontak met die helikopter verloor is, het die lugmag ‘n soek- en reddingsoperasie geloods. “As gevolg van die soek- en reddingspoging is die vliegtuigwrak geïdentifiseer.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

LEES OOK: Jagters gaan binnekort 500 olifante kan skiet

LEES OOK: Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus