Video’s oor ‘nasionale verkragtingsdag’ word ‘n neiging op TikTok

Niemand nog die oorspronklike video van die ses mans gesien nie.

Video’s oor ‘Nasionale verkragtingsdag’ word ‘n neiging op TikTok

Video’s oor ‘Nasionale verkragtingsdag’ word ‘n neiging op TikTok Foto: neilpatel.com

TikTokkers het verskeie video’s gemaak om mense te waarsku nadat hulle beweer ‘n groep van ses mans op TikTok beplan om op 24 April seksuele misdade vir “nasionale verkragtingsdag” te pleeg.

Mans begin glo video’s oor “nasionale verkragtingsdag”

TikTokkers beweer die mans in die video het glo ander aangemoedig om ook vandag seksuele misdade te pleeg. Nie USA Today of TikTok kon egter enige bewyse vind van die oorspronklike video waarop gebruikers reageer nie, berig USA Today. Alhoewel baie media al oor die beweerde dag berig het, het niemand nog die oorspronklike video van die ses mans gesien nie.

#april24 op TikTok

Dit het nie sosialemediagebruikers daarvan weerhou om hul vrese oor die dag met hulle volgelinge te deel nie. Die grootste deel van dié “neiging” het op TikTok plaasgevind, waar #april24 al meer as 31,1 miljoen keer na gekyk is.

LEES OOK: Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: