August 4, 2021

Aggie van 7de Laan se stryd met depressie en selfdood

“Dis belangrik dat mense bewus is van angs en depressie en dat hulle weet daar is hulp.”

Aggie van 7de Laan se stryd met depressie en selfdood

Aggie van 7de Laan se stryd met depressie en selfdood Foto: Instagram

Nobuhle Mimi Mahlasela, bekend as Aggie van 7de Laan, het in ‘n inskrywing op Instagram aan haar aanhangers vertel van haar stryd met angs en depressie en dat sy al twee keer selfdood probeer het.

“Ek het verlede week eendag wakker geword en kon nie meer uithou nie! Ek was oorweldig met traumatiese voorvalle wat ek teëgekom het en al die gedagtes die afgelope paar maande in my kop. Ek het so gehuil dat ek nie kon asemhaal nie en ek het gedurende hierdie episode erge hoofpyn gehad.”

“Dit was ‘n angsaanval, maar hierdie keer het ek nie toegelaat dat dit my onderkry nie. Ek het die telefoon opgetel en my suster en ‘n goeie vriendin gebel om hulle te laat weet dat ek nie oukei is nie…” skryf die aktrise verder.

Mahlasela vertel sy sukkel al haar hele lewe lank met angs en depressie. Sy sê sy het altyd haar depressie en angs beheer deur sekere voorvalle in die verlede “uit te blok”. Sy deel dan verder met haar aanhangers op Instagram dat sy al twee keer probeer het om selfdood te pleeg omdat sy nie meer die pyn wou voel nie.

Aggie van 7de Laan wil mense bewus maak

“Ek het hierdie jaar met terapie begin en ek is so bly ek het die besluit geneem om dit te doen.” Sy sê terapie is nie altyd maklik nie, want sy moet nou dinge verwerk wat met haar gebeur het toe sy jonk was.

“Dis belangrik dat mense bewus is van angs en depressie en dat hulle weet daar is hulp.”

LEES OOK: Cape Gate Mall – winkels gisteraand geteiken en beroof

LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *