PRETORIA. – Die Pretoria-landdroshof het Annelise Boot (54), ‘n onderwyseres van die Laerskool Springvale, skuldig bevind aan aanranding van ‘n 12-jarige leerder oor ‘n bottel vonkelwater op 21 Februarie 2020.
Boot het die leerder aangerand deur hom te wurg, te skop en met haar knie op sy bors te druk terwyl sy sy arms opwaarts gestoot het, word daar deur Pretoria-nuus berig. Dit het gevolg nadat sy deur ‘n ander opvoeder ontbied is om die saak op te klaar.
Onderwyseres skuldig, vonnisoplegging volgende maand
LEES OOK: Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf
Die manier waarop die onderwyseres opgetree het, is ook in die hof bespreek. Die magistraat sien nie hoekom Boot haar hande om die leerder se nek moes sit nie.
Die saak is tot 10 Mei uitgestel vir strafversagting en vonnisoplegging.
LEES OOK: Kubaanse ‘geneser’: ‘Halwe bottel rum per week sal Covid-19 keer’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



