Drie in verband met gewapende roof in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GROBLERSHOOP. – Drie mans is Dinsdag 20 April 2021 in verband met ’n gewapende roof wat by ’n snoepwinkel naby Groblershoop plaasgevind het, in hegtenis geneem.

LEES OOK: TikTok in die sop oor gebruik van kinderdata

Verdagtes vlug van die toneel

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het in ’n blou Nissan Tiida met kontant, lugtyd, sigarette en selfone in die rigting van Upington van die toneel gevlug.

“Die voertuig is later by ’n gastehuis op Upington opgemerk. Die huis is binnegedring en die verdagtes is aangekeer. Die gesteelde voorwerpe is teruggevind, sowel as die twee pistole wat in die pleeg van die misdaad gebruik is.”

Moontlik gekoppel aan vorige gewapende roof

Die verdagtes kan moontlik aan nog ’n gewapende roof op Campbell gekoppel word.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

LEES OOK: Top 10 beste kossoorte en hoe om dit te eet