Vermiste Roodepan-vrou se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Marie Olifant (74), ’n inwoner van Roodepan wat op 9 April 2021 deur haar familie as vermis aangemeld is, se liggaam is Sondag 17 April 2021 deur ’n sekuriteitswag by die treinspoor by die Flamingo Casino gevind.

LEES OOK: TikTok in die sop oor gebruik van kinderdata

Liggaam tydens inspeksie opgespoor

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die sekuriteitswag doen elke drie weke ’n volledige inspeksie van die casino se perseel en dit was tydens die inspeksie wat hy op die liggaam afgekom het.

“Die liggaam het om en by twee weke daar gelê voordat sy ontdek is. Sy is deur haar familie geïdentifiseer.”

Natuurlike oorsake

Jansen het voortgegaan om te sê dat Olifant aan natuurlike oorsake oorlede is, maar dat die polisie nog die saak ondersoek.

Olifant het glo vermis geraak in die tyd wat Roodepan vir twee dae lank nie elektrisiteit gehad het nie.

LEES OOK: Vrou opgeneem na hospitaal glo weier om haar te help