Tafelberg-brande: Historiese geboue vernietig

Die vlamme het vinnig versprei weens lae humiditeit en droë bosse.

Tafelberg-brande: Historiese geboue vernietig (Foto: EWN)

Tafelberg-brande: Historiese geboue vernietig (Foto: EWN)

KAAPSTAD. – Ná daar Sondagoggend ‘n brand op Tafelberg uitgebreek het, het die vuur al intussen tot by die Universiteit van Kaapstad versprei en studente is gevra om die persele te ontruim.

Die Rhodes Memorial-restaurant is in die brand vernietig en die universiteit se historiese Jagger-leeskamer en ander historiese geboue soos Mostert se Meul is ook deur die vuur geraak.

Lees ook: Tafelberg-brand: Gemeenskap staan saam vir brandweermanne

SANParks het gesê die brandweer is om ongeveer 09:00 in kennis gestel van die brande, maar die vlamme het vinnig versprei weens lae humiditeit en droë bosse.

Inwoners van die area is ook aangeraai om hulle vensters en deure vir die rook en roet in die lug toe te hou.

Lees ook: Zweleni Mkhize: 1 089 nuwe Covid-19-gevalle

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: