Tuisgemaakte JellyTots-roomys

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n lekker tuisgemaakte JellyTots-roomys resep vir die kinders. Hulle sal mal wees daaroor.

Bestanddele:

  • 1l room
  • 1 blik kondensmelk
  • 2 pakkies JellyTots

Metode:

  • Klits die 1l room tot styf.
  • Vou die kondensmelk by die room in.
  • Vries dit vir twee ure.
  • Meng 1½ pakkies JellyTots met die roommengsel.
  • Vries vir ses ure of oornag.
  • Gooi die oorblywende JellyTots bo-oor en geniet.