Sewe dood in een ongeluk op N2

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Sewe mense is die naweek in ‘n ongeluk op die N2-tolpad op pad na die Oos-Kaap dood.

‘n Motor het reg van voor met ‘n vragmotor gebots. Sewe mense is dood terwyl die agste persoon, die vragmotorbestuurder, ernstig beseer is. Na verneem word was ses van die sewe oorledenes vrouens.

Die ongeluk word verder deur die polisie ondersoek.

LEES OOK: ‘UFO’ in die lug bo Tableview laat die koppe krap, wat dink jy?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.