Tafelberg-brand: Gemeenskap staan saam vir brandweermanne

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParks) sê daar is ‘n oorvloed ondersteuning wat van Kaapstad-inwoners instroom om brandweermanne te omdersteun na daar Sondagoggend ‘n brand op Tafelberg begin woed het.

Groot groepe gemeenskapslede het by die Newlands Fire Base opgedaag om kos, water, energiedrankies en ander noodsaaklikhede vir die brandweermanne af te laai, sê Frans van Rooyen, TMNP-parkbestuurder.

Lees ook: Tafelberg-brand woed voort

“SANParks waardeer hierdie gebaar en ondersteuning vanaf Kaapstad-inwoners in hierdie moeilike tyd,” lui ‘n persverklaring. “Dit is nie ‘n maklike vuur dié nie en brandweermanne sal vir minstens drie dae daarteen baklei. Al die hulp wat ontvang is, sal die brandweermanne nog ver dra.”

Enigiemand wat steeds ‘n donasie wil maak, kan dit by die Newlands Fire Base aflaai.

Lees ook: Warrenton-gemeenskap baklei teen oopmaak van taverne