Warrenton-gemeenskap baklei teen oopmaak van taverne

“Hierdie is ‘n aangeleentheid wat ons hele gemeenskap raak, en deur saam te staan, kan ons dit stop.”

Warrenton-gemeenskap baklei teen oopmaak van taverne (Foto: Verskaf)

Warrenton-gemeenskap baklei teen oopmaak van taverne (Foto: Verskaf)

WARRENTON. – Die gemeenskap van Warrenton is ontsteld ná ‘n kennisgewing op 1 April in die koerant verskyn het dat ‘n taverne reg langs een van die kerke in dié dorp oopgemaak gaan word.

Anrie Burger, lid van die gemeenskap op Warrenton, sê die gemeenskap het reeds ‘n petisie begin en het al ongeveer 350 handtekeninge gekry van persone wat teen die oopmaak van die taverne is.

Volgens Burger is die plek waar die taverne gaan oopmaak tans ‘n bottelstoor en is die naaste huise aan dié perseel minder as 50 m weg.

Lees ook: Foto’s: Prins Philip se begrafnis

“Met ‘n taverne daar, sal soveel meer ongelukke plaasvind,” sê Burger. “Tydens kerkdienste speel die kindertjies gewoonlik in die parkeerarea van die kerk en hulle sal dit nou nie meer kan doen nie. Baie mense se kinders loop ook in dié straat verby op pad skool toe. Ons moet ons kinders beskerm. Omdat hier baie oumensies ook naby die kerk woon, moet ons hulle ook beskerm.”

“Hierdie is ‘n aangeleentheid wat ons hele gemeenskap raak, en deur saam te staan, kan ons dit stop.”

“Drank gaan gepaard met verkragting, diefstal en geweld en dit gaan die hoogte in skiet.”

“As ‘n persoon sy drank koop en huis toe gaan, pla dit niemand nie, maar onder geen omstandighede kan ons toelaat dat die taverne sy deure op die spesifieke perseel oopmaak nie. Die omliggende besighede gaan ook daaronder ly. Dit is my, Anrie Burger, sê noodkreet aan ons Warrenton-mense.”

Lees ook: Grenadellatert – Resep

As jy miskien die lede van die gemeenskap wil help om ‘n verskil te maak, skakel vir Burger by 081 267 9011.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: