Grenadellatert- Resep

Foto: Pinterest

Bestanddele:

1 blik ingedampte melk

1 pakkie suurlemoenjellie

1 blikkie grenadellapulp

1 pakkie Tennisbeskuitjies

Metode:

Maak die jellie met 1 koppie kookwater aan. Laat dit afkoel, maar moenie laat dit stol nie. Plaas melk in ‘n mengbak en klits. Voeg die jellie en die pulp by en klits die twee goed saam. Plaas van die beskuitjies onder in ‘n vierkantige of reghoekige glasbak en hou ‘n paar eenkant. Giet die tertmengsel op die beskuitjies in die bak. Krummel die orige beskuitjies oor. Laat stol vir ‘n uur in die yskas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: