Betrekking vir hoof van water en sanitasie lok kommentaar uit

Baie gebruikers het gesê hulle is bekommerd oor waarheen hulle belastinggeld gaan, aangesien die dorp se infrastruktuur “inmekaarval”.

Betrekking vir water- en sanitasie-hoof lok kommentaar uit (Foto: Facebook)

Betrekking vir water- en sanitasie-hoof lok kommentaar uit (Foto: Facebook)

KIMBERLEY. – Te midde van die waterkrisis wat in Kimberley afspeel, het Sol Plaatje-munisipaliteit ‘n advertensie op sy Facebook-blad geplaas vir ‘n adjunk-direkteur van water en sanitasie.

Sommige februikers het kommentaar gelewer op die salaris wat vir die betrokke persoon aangebied word, terwyl ander iets gesê het oor die hoeveelheid kwalifikasies wat die persoon sal moet hê. Baie ander het gesê hulle is bekommerd oor waarheen hulle belastinggeld gaan, aangesien die dorp se infrastruktuur “inmekaarval”.

Die salaris wat vir die betrekking geadverteer word, is R1 324 384 – R1 613 318. Die kwalifikasies wat vir die betrekking nodig is, is ‘n graad in siviele ingenieurswese, registrasie as ‘n ingenieur, ten minste vyf jaar ondervinding in senior bestuur, beplanningsvaardighede, kennis van die water en sanitasie-omgewing en sterk strategiese denkvermoë.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: