Tafelberg-brand woed voort

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die brand wat Sondagoggend teen die hange van Tafelberg uitgebreek het, woed steeds voort.

Die Rhodes Memorial-restaurant het afgebrand en studente van die Universiteit van Kaapstad is gevra om te ontruim.

Table Mountain National Park se brandbestuurder, Philip Prins, sê daar is tans 129 brandweermanne op die toneel.