Twee bejaardes dood in bad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA (PORT ELIZABETH). – Die Humewood-speurders ondersoek ‘n saak van moord in hulle ondersoek na die dood van twee bejaardes, ‘n egpaar, wat dood in hul badkamer gevind is.

“’n Versorger het om 07:00 die naweek die egpaar van 79 en 81 jaar oud by hul huis in ‘n aftreeoord in Park Drive gaan soek. Die versorger het agterdogtig geraak, aangesien die paartjie laas op Donderdag 15 April 2021 gesien is,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Twee bejaardes, een met steekwonde, gevind

Sy en die sekuriteitswag het by die huis opgedaag om die huis oop te maak. Die egpaar is in die bad gevind. Die 79-jarige vrou het veelvuldige steekwonde aan haar lyf gehad terwyl die man, 81-jarige, geen tekens van beserings gehad het nie.

Volgens Naidu is niks uit die huis geneem nie en daar was geen tekens van gedwonge toegang nie. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word om die presiese oorsaak van hul dood vas te stel.

Die oorledene se name word weerhou totdat hul naasbestaandes in kennis gestel is.

LEES OOK: Vermeende stroper deur olifant in Wildtuin doodgetrap

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.