KAAPSTAD. – ‘n Verdagte (35) is in hegtenis geneem vir brandstigting te midde van die onbeheersde brande wat sedert Sondagoggend in Kaapstad woed.
Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Sondagaand om 20:10 in Philip Kgosana-rylaan voorgekeer.
Lees ook: Warrenton-gemeenskap baklei teen oopmaak van taverne
‘n Lid van die gemeenskap het glo gesien hoe drie mans ‘n vuur op die berg maak, maar die ander twee kon die polisie ontduik.
Die saak word ondersoek.
Intussen ondersteun lede van die Kaapstad-gemeenskap die brandweermanne wat steeds teen die brand baklei.
“SANParks waardeer hierdie gebaar en ondersteuning vanaf Kaapstad-inwoners in hierdie moeilike tyd.”



