VRYSTAAT. – Die lewelose liggaam van ‘n onbekende Afrika-man met verskeie steekwonde is op Sondag 11 April 2021 omstreeks 06:45 naby die Tegniese Skool Lenakeng op Thabong deur ‘n verbyganger gevind.
“Die polisie op Thabong ondersoek die moord op ‘n onbekende man,” lui die polisieverklaring.
Met die aankoms op die toneel het die polisie die lyk van ‘n man gevind wat verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad het. Die oorledene het ‘n ligblou sweetpakbaadjie met rooi en groen strepe op die moue, ‘n swart hoed, swart jeans en swart skoene aangehad.
Liggaam met steekwonde het verskeie tatoeëermerke
Die liggaam het verskeie tatoeëermerke. Op sy regterarm staan “J Law”, op sy maag is “THU LIFE” geskryf, op sy bors het hy ‘n ander tatoeëermerk in die vorm van ‘n hand met nommer 28 in.. Hy het nog ‘n tatoe op sy linkerskouer met die nommer 28 en hy het ook een op sy regterbeen wat soos ‘n veer lyk.
‘n Saak van moord is vir verdere ondersoek geopen. Die polisie is op soek na familie van ‘n oorledene wat aan die beskrywing voldoen. Hulle doen ook ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die moord om speurder-offisier Gerrie Nel van die Thabong-speurdienste by 082 806 8432 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
LEES OOK: 15 jaar tronkstraf na twee boer en sy vrou vasbind, goedere steel
LEES OOK: Verpleegster troos Covid-pasiënte met ‘the hand of God’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



