STELLENBOSCH. – Die Universiteit Stellenbosch het ‘n TikTok-rekening veroordeel ná die rekening glo die universiteit se naam en logo gebruik het en rassistiese aanmerkings gemaak het.
Die universiteit het in ‘n verklaring op Facebook gesê hy neem geen verantwoordelikheid vir die rekening nie en dat dit nié werklik die universiteit se rekening is nie.
“Ons veroordeel rassisme en die skending van menseregte ten sterkste. Rassisme is die teenoorgestelde van die universiteit se waardes.”
Die rekening is intussen van TikTok verwyder.



