Deepfakes en toeps soos Reface – ‘n groot gevaar vir vrouens

Deepfakes

Alhoewel enige vrou se gesig op 'n pornografiese filmster se liggaaam gesit kan word, of dit nou vir plesier of humor is, is dit nie net die dames wat moet bekommerd wees oor die gevare wat deepfake inhou nie(Foto: The Conversation)

Die toep Reface het onlangs baie gewild op sosiale media geword. Die toep word gebruik om gesigte op foto’s en video’s om te ruil. Vir talle mense is dit onskuldige pret. ‘n Lekker lag-oomblik as jy jouself in ‘n superheld of ‘n bekende seerower kan verander. Wat gaan jy doen as jy weer eendag een van daai bedrogboodskappe op messenger ontvang wat sê: “Is dit regtig jy?” Dan is dit regtig jou gesig wat jy sien in ‘n pornografiese film? Vrouens staar tans die bedreiging van deepfakes in die gesig.

Volgens Vogue is dit ‘n deepfake wanneer die beeld van ‘n persoon se gesig op die liggaam van ‘n ander persoon in ‘n video geplaas word. Dit word gedoen deur gebruik te maak van kunsmatige intelligensie (AI).

Deepfakes van bekendes

In 2017 het ‘n Reddit-gebruiker ‘n reeks vals video’s van bekendes gemaak. Die video’s het pornografiese films, waarin die gesigte van bekendes op die pornografiese filmsterre se liggame geplaas is, bevat. Die vals video’s van bekendes soos Taylor Swift was vir agt weke beskikbaar voor dit gesluit was. Dit het meer as 90 000 intekenare gelok. Hierdie deepfakes raak egter ‘n groter probleem. Die vals video’s wat op die internet sirkuleer, verdubbel elke ses maande. 90% van hierdie video’s is pornografiese films waarin onskuldige vrouens se gesigte gebruik word. Die Top 30-skeppers van hierdie video’s, van slegs een webtuiste, is bewys dat dit regoor die wêreld plaasvind. Verreweg die meeste slagoffers is vroulik.

Lees ook: Gemeenskap bou eie rioolstelsel – “Regering het mag om dit te verwyder”

Die foto van enige vrou se gesig kan op ‘n pornografiese filmster se liggaaam gesit word. Dit is ook nie net die dames wat moet bekommerd wees oor dié bedrog deur kunsmatige intelligensie nie. Volgens Wired moet politici ook bekommerd wees, aangesien deepfakes reeds gebruik is om politieke propaganda te bevorder.

Enigiemand se identiteit kan aangetas word

Vroeg in 2020 het die Belgiese tak van Extinction Rebellion gebruik gemaak van kunsmatige intelligensie om ‘n vals toespraak van Sophie Wilmès, die Belgiese premier, te maak. ‘n Vorige toespraak van Wilmès is gebruik om ‘n video (deepfake) te skep waarin sy in ‘n toespraak beweer Covid-19 is direk gekoppel aan die “uitbuiting en vernietiging van die natuur deur mense”.

Baie mense se identiteit kan op hierdie manier aangetas word. Kunsmatige intelligensie word al meer gevorderd en dit raak moeiliker om onderskeid te tref tussen die ware Jakob en ‘n deepfake.

Lees ook: Nuwe ‘Satan shoes’ deur rapper Lil Nas X bevat regte mensbloed

‘n Prettige Reface video van Dwayne “The Rock” Johnson se gesig op die oorlede popster, Michael Jackson se liggaam.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: