15 jaar tronkstraf na twee boer en sy vrou vasbind, goedere steel

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die streekhof op Bethulie het twee verdagtes elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanval in September 2020 op ‘n boer op sy plaas ongeveer 25 kilometer van Bethulie.

Die beskuldigdes, Poto Manietjie Marolloane (34) en Mabhuti Ernest Velaphi (31), is skuldig bevind aan huisroof .

Op 23 September 2020 omstreeks 21:50 het die twee die plaashuis deur ‘n gebreekte venster binnegegaan en die eienaar en sy vrou vasgebind. Hulle het van die toneel gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant, drie vuurwapens en ‘n voertuig.

15 jaar tronkstraf

Die voertuig is verlate langs die pad gevind. ‘n Vuurwapen is in die voertuig onder die passasiersitplek gevind.

Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die twee beskuldigdes gelei. Hulle het die polisie na die plek geneem waar hulle die twee vuurwapens in bosse begrawe het en is positief met die misdaadtoneel verbind. Die twee beskuldigdes het nooit borgtog ontvang sedert hul inhegtenisneming op 29 September 2020 nie.

LEES OOK: Verpleegster troos Covid-pasiënte met ‘the hand of God’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.