KIMBERLEY. – Watervlakke by die Newton-reservoir is steeds nie hoog genoeg om die pompe te kan aanskakel nie.
Marie Beylefeld, DA-raadslid, sê volgens mnr. Sithole is daar Dinsdagoggend nog geen verbetering nie.
“Die pompe pomp glo van Riverton, maar die water kom nie by die reservoir uit nie,” sê Beylefeld. “Spanne is tans by Riverton om te probeer vasstel wat die probleem is.”



