BRASILIë. – ‘n Verpleegster, Semei Araujo Cunha, het geïsoleerde Covid-19-pasiënte getroos deur twee handskoene met warm water te vul en dit aan hulle hande vas te bind. Sy noem hierdie metode “The hand of God”.
“Alles ter wille van liefde, vertroosting en versorging van die pasiënt, dit is nie genoeg om professioneel te wees nie. Jy moet empatie met die mense hê,” het Cunha op haar sosialemediaplatforms geskryf waar sy die foto’s gedeel het. Die foto’s het intussen ‘n klomp harte op sosiale media aangeraak.
In dié tyd kan die pasiente nie besoekers ontvang nie en baie mense spandeer weke alleen in hospitale. Die gebaar het mense ‘n gevoel gegee dat iemand wel by hulle is en dat hulle nie alleen is. Soms het mens net daardie “aanraking” nodig.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



